Some days…some days, we should melt and get absorbed by the nothing….Join the mass of churning blackness and thunder.. Man, I loved “The NeverEnding Story“! Let me explain it better? Some days are meant to just exist…..to be.. On days like that you should not think, not wonder and not question. I know this, but still I played around, listening to the old me on voice notes, envying her sparkle, remembering adventures and falling deeper into that black hole of self pity…so today is still one of those ‘some days’….but instead of longing for the past, I decided to create and try and finish some poems (I know, I know. A poem is nearly never finished)
My Sonsopkoms
Die vurige vlambal stu vorentoe.
Ywerig. Paraat en opgewonde.
Reg! om die vreeslike, dik massa
van duister swart te breek.
Dis ‘n ewigdurende proses,
ondraaglik lank…’n leeftyd.
Maar die son weet…
Hy weet dat niemand anders
hierdie taak kan voltooi.
Die donker nag bult en kraak, totdat
klein deeltjies swart verbrokkel en vlug;
soos bang, bewende, brakkies
Tjankend die niks in….
Die son ontwaak, strek luilekker uit, en
loer skaam oor die rand van die horison.
Sy sprei haar goue arms omhoog, en
sprinkel haar strale soos goddelike dou
oor die donker hoekies van die Aarde.
in n donker kamer…
Lê n vrou en bewonder die sonsopkoms.
Swart donker skadu’s rondom haar
spat uitmekaar en kwyn weg.
Stadig kom sy orent en
gooi oop die gordyne.
Dis ‘n nuwe dag, en die begin
van ‘n kraakvars nuwe lewe…
Gesplete Hart
Deel I
Ek val…
soos n wafferse Alice in wonderland,
die wind wapperend in my hare
en ‘n gesuis-sing in my ore, ek
V
A
L
dieper en verder.
Idioties het ek,
n manlike spesie soos jy,
toegelaat om my met
lang drade woorde
vas te spin. En nou het ek
verstrengel en verstrik geraak
en amper verstik In jou
klewerige taai bullshit…
Maar steeds val ek.
Onbeheersd. Onbeskaamd.
Vir jou….
Deel II
Val en val en val,
spirale om jou steeds, en
sak net dieper weg in die bloederige
nat dieptes van my gemoed.
Ek kyk af en sien hoe my hande
gryp en grou, verby derms en bloed,
‘n laaste desperate poging
om my hart te bereik….
Ek moet hom smoor…wurg… dood.
Met skok kyk ek op,
terwyl my vingers nog krampend,
in leë holtes grawe
En sien jou staan,
met my hart nog druppend rou,
bloeiend.
In die palm van jou hand…..
I know…. not good in a literary sense, but damn, every word is pure and true to my soul. Some days you just have to clear your head and try to get rid of the madness…One day, I will be able to rip my heart out and slam it on a piece of paper and actually do it convincingly!